8 Maniere Om Jou Vrou/Man Lief Te He (2 In 1-Boek)(Sagteband)

    8 Maniere Om Jou Vrou/Man Lief Te He (2 In 1-Boek)(Sagteband)

    David Chadwick and Marilynn Chadwick
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R229.95

    Ontdek die agt maniere waarop jy jou huweliksmaat kan eer om ware liefde en intimiteit te ervaar.

     

    ’n Egpaar is in die unieke posisie om mekaar as man en vrou te eer op ’n manier wat niemand anders kan nie.

    Om mekaar te eer is God se oorspronklike doel vir die verhouding tussen man en vrou. Ongelukkig het die idee om mekaar in die huweliksverhouding te eer verlore geraak in ons hedendaagse samelewing.

    In hierdie unieke flip-boek vir hom én haar deel David en Marilynn Chadwick 8 maniere om hierdie spesiale liefde te betoon.

    Marilynn wys vroue onder andere dat hulle in hulle man kan glo, vir hom veg en hom opbou, sy las verlig en saam met hom kan droom.

    David sê weer dat mans gerus hul vrou se instink kan vertrou, sy hart deel en leer om sy vrou te “lees”, hy moet haar beskermer wees en sekere vrae dikwels vra.

    Namate jy jou huweliksmaat eer, sal julle ’n nuwe vlak van vervulling en intimiteit bereik – en vir ander wys hoe mooi die verhouding tussen ’n man en vrou kan wees wanneer julle God se plan vir die huwelik volg.

     

    Oor die outeurs

    David Chadwick is sedert 1980 leraar by Forest Hill Church in Charlotte, Noord-Carolina. Hy is ’n gewilde skrywer en spreker en het ’n MDiv- en DMin-graad verwerf aan Columbia Theological Seminary. David en sy vrou, Marilynn, het drie volwasse kinders.

     

    Marilynn Chadwick is die medestigter en hoofspreker van Women Under Construction, ’n uitreikprogram van Forest Hill Church in Charlotte, Noord-Carolina, waar haar man al vir meer as 30 jaar die senior leraar is. Sy het ’n BA-graad in joernalistiek en ’n meestersgraad in berading.