7 Ritmes Binne 7 Dae (Sagteband)

    7 Ritmes Binne 7 Dae (Sagteband)

    Andries Enslin & Tom Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R99.96

    R30.00

    In vandag se gejaagde lewe is dit belangriker as ooit om in pas te kom met Jesus. Andries Enslin en Tom Smith bespreek in 7 ritmes binne 7 dae hoe ons dit kan doen aan die hand van die volgende 7 ritmes:

     

    • God is liefde: God se liefde is onbeperk en alles is moontlik omdat Hy ons liefhet. Daarom moet ons ander liefhê.
    • God is beskikbaar: God is alomteenwoordig en ons moet inskakel by Hom en ander.
    • God is die weg: Hy is die weg tot genesing en wil hê ons moet in sy karakter groei.
    • God is Koning: Hy verwag van ons om alles te gebruik om sy koninkryk uit te brei.
    • God is drie-enig: Ons mag en kan ook nie alleen staan nie.
    • God is lief vir die wêreld: God red alle mense en is lief vir alle mense.
    • God is kreatief: God is alomteenwoordig en alwetend – en Hy gebruik alles in ons lewe met ’n doel.

     

    7 ritmes binne 7 dae is ideaal vir individue of kleingroepe en integreer Skrif­uitleg met praktiese raad, oordenkings, besprekingsvrae en oefeninge.

     

    Hierdie boek, met sy wortels in die kykNET-program Die Woord, sal lesers inspireer om weer te besef God is oral en sy hartklop vir die wêreld moet weergalm in ons.