52 Mooiste Bybelstories (Sagteband)

    52 Mooiste Bybelstories (Sagteband)

    Jaco Thom
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R129.00

    R103.20

    52 van die mooiste Bybelstories word vertel, elkeen met ‘n bypassende inkleurprentjie vir kinders om in te kleur en ‘n oudio CD word ook ingesluit.

     Die 52 mooiste Bybelverse is ’n interaktiewe Bybeldagboek vir kinders. Die stories is maklik genoeg om te kan verstaan. Jaco Thom het 52 van die beste stories gekies en in storie-formaat geskryf vir elke klein lesertjie.

    Elke storie het ’n prentjie wat die storie uitbeeld, maar wat ook ingekleur kan word wanneer die storie klaar gelees is.

    Daar is ook ekstra prentjies ingesluit om in te kleur en aktiwiteite om te voltooi. Op hierdie interaktiewe manier leer die kinders nie net om te luister nie, maar ook om die boek hul eie te maak en elke aspek van die storie weer te gee deur dit in te kleur.

    Oor die Outeur

    JACO THOM is bekend as skrywer van verskeie topverkoper Bybelse romans. Boeke soos God se Storie, Soos ’n Engel van die Lig en Die Antichris het al duisende verkoop en inspireer steeds talle lesers. Jaco is getroud met Elmien, het drie dogters en woon in die Paarl.