50 Dinge Wat Jy Oor Die Hemel Moet Weet (Sagteband)

    50 Dinge Wat Jy Oor Die Hemel Moet Weet (Sagteband)

    John Hart
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R139.95

    R104.95

    Vind troos en vrede in die waarheid oor die hemel.

    Ons wil almal weet wat gebeur met ons wanneer ons doodgaan. Mense vra al hoe meer vrae oor die hemel en weet nie waar om die antwoorde te kry nie.

    John Hart sê egter die Bybel beantwoord al ons belangrikste vrae oor die hemel. 50 dinge wat jy oor die hemel moet weet verduidelik spesifieke Skrifgedeeltes en gee ’n eerlike en pragtige beeld van ons toekomstige ewige tuiste.

    Die boek beantwoord 50 spesifieke vrae en elke antwoord word verder ondersteun met addisionele Skrifverwysings vir dieper studie. Vrae wat behandel word, sluit in:

    • Wie gaan almal hemel toe?
    • Gaan ons dadelik hemel toe?
    • Wat gaan ons daar doen?
    • Sal ons ons geliefdes sien?
    • Sal ons ons aardse lewe onthou?
    • Is daar diere in die hemel?

    Elke antwoord in 50 dinge wat jy oor die hemel moet weet bied troos en vrede in die waarheid oor die hemel.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel 50 Things Your Need to Know About Heaven

    Oor die Outeur

    Dr. John F. Hart is al meer as 30 jaar professor by die Moody Bible Institute. Hy het sy ThM-graad by die Dallas Theological Seminary behaal en sy ThD-graad by die Grace Theological Seminary. Van sy artikels het al verskyn in die Journal of the Grace Evangelical Society en Overcoming the World Missions Crisis. Hy en sy vrou is al meer as 40 jaar getroud en bly in die noord-weste van Indiana.