#3vers 16 (Sagteband)

    #3vers 16 (Sagteband)

    Isak Burger
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R30.00

    Johannes 3:16 is een van die bekendste verse in die Bybel.

     

    Ongelukkig is dit ook die vers wat soms sy trefkrag verloor omdat almal dit gaan ken.

         Wanneer laas het jy op die storie gefokus wat deur hierdie dertig woorde vertel word?

         Dié vers is God se liefdesbrief aan jou. Hy is 'n persoonlike God en die Geskenk wat Hy vir sy kinders gegee het was die begin van 'n nuwe lewe saam met Hom.

         Wanneer Johannes 3:16 waar word in jou lewe, verander alles. Skielik kry teëspoed by die werk jou nie meer so onder nie.

         Jy dink tweekeer voordat jy op die toeter lê wanneer die taxi voor jou inry en jy kyk met ander oë na jou man en jou kinders.

         #3vers16 daag jou ook uit om jou rol in hierdie mooi storie te speel.

         Knip die boekmerk uit die omslag uit en gee dit vir iemand wat God nog nie ken nie, Eers dán word ons getuies in die wêreld.