365 Wyshede Uit Die Pen Van Susan Coetzer (Sagteband)

    365 Wyshede Uit Die Pen Van Susan Coetzer (Sagteband)

    Susan Coetzer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R120.00

    Weggegooi, seergemaak, ’n mislukking ...

    So baie vroue loop met wonde in hulle hart. Wat help dit om aan te hou soek na vrede en geluk? Hoekom is jou droomman en storieboekhuis nou ’n nagmerrie? Sal daar ooit harmonie en balans in jou lewe wees?

    Stop! Bly net kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Susan Coetzer. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens jóú behoefte. En jy kan haar omgee vir jou vriendinne en familie aangee, wanneer hulle platgeslaan is deur die lewe.

    Hierdie aanhalings vertel van die Pottebakker wat uit elke einde ’n nuwe begin skep. Van die Gees wat jou harde hart sag maak sodat jy heling en geluk kan vind. En dat vrede begin by die bewustheid van God se heilige teenwoordigheid binne-in jou wat jou nooit verlaat nie.

    Oor die skrywer

    Die media en publiek sê graag sy is ’n vrou van vele talente en fasette – bekroonde aktrise, skilder, skrywer, joernalis, inspirerende spreker, kok en sakevrou.

    Sy is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, skilder, skrywer en joernalis. Sy is die mede-eienaar van Die Blou Hond Teater-Restaurant in Linden. Haar debuutroman, Oros vir die Siel, is in Augustus 2007 deur Carpe Diem Boeke uitgegee.

    In 1988 trou sy met die Suid-Afrikaanse sanger en akteur Frank Opperman, maar hulle skei weer in 1992. Hulle het een seun Frankie.

    Coetser trou op 28 Mei 1999 met die akteur en sanger Philip Moolman.