365 Stories, Gebede en Beloftes (Sponsgevulde Hardeband)

    365 Stories, Gebede en Beloftes (Sponsgevulde Hardeband)

    Bethan James
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.00

    ’n Versameling Bybelstories, gebede en beloftes ideaal vir 5- tot 8-jariges om die gewoonte van daaglikse stiltetyd te leer.

     

    365 Storie, beloftes en gebede is ’n versameling Bybelstories, gebede en beloftes uit die Bybel. Die maklik-om-te-verstaan teks en pragtige illustrasies maak dit die ideale slaaptyd-storieboek vir kinders tussen 5 en 8 jaar wat die gewoonte van daaglikse stiltetyd moet leer.

         Sommige van die bekende Bybelstories wat in die boek voorkom, sluit in die storie oor die skepping, Josef, die uittog uit Egipte, Simson, Dawid en Goliat, Jona, Daniël in die leeuhok, Jesus se geboorte, die barmhartige Samaritaan, die laaste paasmaaltyd, die opstanding en Jesus se hemelvaart.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder titel 365 Stories, Prayers & Promises.

     

    Oor die Outeurs

    Bethan James, ’n voormalige onderwyser en jeug­werker, het al verskeie kinderboeke geskryf. Sy en haar gesin woon in die platteland in Engeland.

     

    Frank Endersby is ’n bekende illustreerder met ’n hart vir kinderboeke. Hy het al vir verskeie bekende uitgewers gewerk en bly nou saam met sy gesin in die Cotswolds in die westelike gebied van Engeland.