21 Dae Tot 'n Fantastiese Huwelik (Sagteband)

    21 Dae Tot 'n Fantastiese Huwelik (Sagteband)

    Floris Knouwds
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96
    Die getroue lewe kan wonderlik wees – om jou lewe te deel met iemand wat jy liefhet, ’n sielsgenoot, is baie spesiaal. Die realiteit is egter dat die huwelik soms frustrerend, vermoeiend en erg vervelig kan raak – allesbehalwe die Hollywood-prentjie wat in ons koppe leef. Maar weet jy wat? ’n Huwelik wat hou, gebeur nie per ongeluk nie. Dis belangrik om te verstaan dat die huwelik ’n verhouding is met baie fasette – en elke faset moet gekoester en gevoed word om die verhouding gesond te hou. Dis nóú die tyd om te begin bou aan ’n gelukkige huwelik. Die geheim van ’n huwelik wat hou, lê opgesluit in Floris Knouwds se 21 Dae tot 'n fantastiese huwelik. Aan die einde van hierdie 21 dae sal jy weet hoe om ... * julle verhouding te verbeter * openhartig te kommunikeer * die passie te laat opvlam * te vergewe en te vergeet * jou maat regtig te verstaan * julle verskille te vier * konflik te bestuur * en vele meer! Agterin die boek is daar ’n BONUS CD waarop 7 celeb- paartjies oor hulle huwelik gesels – Heinz & Aletté Winckler, Izak en Mericke Davel, Liesel & Siebert Wiid en ander.