101 Inspirasie-Oomblikke (Sagteband)

    101 Inspirasie-Oomblikke (Sagteband)

    Lindie Strydom
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R143.96

    101 inspirasie-gevulde boodskappe vir ’n saak-maak-lewe.

    Soms is dit so moeilik om daardie eerste tree te gee met ’n nuwe uitdaging. En soms is dit nodig om af te skaal en te fokus op die kragtige eenvoud van Jesus en die besef dat Hy genoeg is.

    Lindie Strydom deel in 101 inspirasie-oomblikke met lesers die wysheid en inspirasie wat sy in die alledaagse lewe leer. Die klein lesse wat jy leer deur na mense te kyk, in ’n ry te wag, die leë ure in ’n vliegtuig of op die pad om te dink, ’n gesprek met ’n vreemdeling en om van jou tyd te gee. Sy bind hierdie kragtige gedagtes met Skrifverwysings en spoor lesers aan om die lewe te vier en Jesus ’n prioriteit te maak.

    Die 101 dagstukke begin elk met ’n kerngedagte om lesers te inspireer en te wys hoe belangrik daardie eerste tree in ’n nuwe rigting is. Saam met die boek het Lindie ook 31 inspirerende boodskappe opgeneem wat gratis afge­laai kan word by cumuitgewers.co.za.

    Oor die outeur

    Lindie Strydom is ’n bekende radio- en TV-persoonlikheid. Sy is al vir meer as ’n dekade ’n motive­ring­spreker. Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul, Hugo en Nina.