101 Gebede Vir Vroue (Hardeband)

    101 Gebede Vir Vroue (Hardeband)

    Samestelling
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    101 persoonlike gebede vir elke seisoen en situasie in ’n vrou se lewe.

    Hierdie sakgrootte gebedeboek bevat verskeie kort gebede oor:

         • Temas soos vreugde, seerkry, eensaamheid, danksegging en leiding;

         • Verskillende persoonlike situasies, soos bv. siekte, finansiële probleme, afdanking, ’n nuwe baba en vele ander situasies wat op vandag se vrou van toepassing is;

         • Verskillende mense soos ‘my tiener’, ‘my man’, ‘my kind wat oorsee werk’; en

         • Temas rondom jou verhouding met God, bv. gehoorsaamheid, liefde vir God, vergifnis en versoening.

         Ook ingesluit is ’n gepaste Bybelvers by elke gebed en ’n alfabetiese indeks vir maklike opsoek. Die grootte maak dit gerieflik om oral met jou saam te dra.

    Oor die Outeurs

          Dini Esterhuyse was joernalis en verslaggewer vir verskeie dagblaaie, tydskrifte, radio- en televisieprogramme. Sy het in verskeie lande as verslaggewer en sendeling gewerk.

         Esté Geldenhuys is die skrywer van verskeie boeke, ’n gewilde spreker en omroeper by Radiokansel.

         Elza Meyer is ’n skrywer en dinamiese pastor verbonde aan die Turn to God-bediening.

         Maretha Maartens is ’n gewilde skrywer met verskeie toekennings agter haar naam, en veral bekend vir haar boeke met ware verhale en getuienisse.

         Leana Platt is ’n skrywer en gewilde geleentheidspreker wat ook internasionaal bedien. Haar passie is om vroue te lei om die Woord prakties uit te leef.