101 Gebede Vir My Seun (Sagteband)

    101 Gebede Vir My Seun (Sagteband)

    Rob & Johanna Teigen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R49.95

    Available Formats

    101 kragtige gebede wat jy vir jou seun kan bid.

    ’n Eer, ’n voorreg en die heel belangrikste werk op aarde – om vir jou kind te bid. Elke ouer wens net die beste vir sy of haar kind, en hulle gedagtes en gebede draai daagliks om hulle kinders en hulle behoeftes.

    101 gebede vir my seun bestaan uit 101 kort en kragtige gebede wat jy spesiaal vir jou seuns kan bid. Met hierdie sakpas-boekies help Rob en Joanna Teigen jou om die woorde wat jy soms ont­breek byderhand te hê. Die gebede en teksverse dek ’n wye verskeidenheid temas wat kinders se lewens raak, insluitend: vriendskap, geloof, rus en nederigheid.

    101 gebede vir my seun sal jou help in die belangrikste gebede wat jy ooit vir jou kinders sal bid.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titels 101 Prayers for My Son

    Oor die Outeur

    Rob en Joanna Teigen het die boeke A Mom’s Prayers for her Son en A Dad’s Prayers for his Daughter saam geskryf. Rob is ook die outeur van verskeie grap-boeke, insluitend die Amazon-topverkoper Laugh-Out-Loud Jokes for Kids (onder die skuilnaam Rob Elliott). Die Teigens is al langer as 20 jaar getroud en is die ouers van vyf kinders. Hulle woon in Michigan.