101 Dae Van Lof (Sagteband)

    101 Dae Van Lof (Sagteband)

    Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Daar is min boeke in die Bybel so aangrypend soos die Psalms. Die hele gesin kan nou saam op ’n won­derlike reis van 101 dae deur die Psalms ver­trek met Johan Smith se drie dagboeke oor hierdie wonderlike Bybelboek.

     

    Johan het 101 dae van lof spe­siaal vir die vol­wasse mark geskryf terwyl 101 dagstukke vir tieners spesifiek op tieners gemik is. Johan se vrou, Helena, het saam met hom gewerk om 101 dagstukke vir laerskolers te skryf vir jonger lesers.

     

    Hierdie reeks dagboeke bestaan uit ’n Skrif­gedeelte uit Die Boodskap, ’n oordenking, inspire­rende aanhaling en ’n gebed vir elke dag. ’n Wye ver­skeiden­heid temas lei ons in ons daaglikse wandel: Kies jou vriende reg, lof aan God, God is altyd daar om jou te help, hoop, vergifnis, dank­baarheid, vind jou vreugde in God en tel jou woorde. Aan die einde van elke boek is daar ook plek vir die leser om sy of haar eie lofpsalm te skryf.

     

    Die hele gesin sal hierdie dagboeke geniet en kan saamgesels oor die temas.