10 Gebooie Van Genade 'n Ekspedisie Na Vryheid (Sagteband)

    10 Gebooie Van Genade 'n Ekspedisie Na Vryheid (Sagteband)

    Hettie Brittz
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Agt en veertig vroue van 18 tot 73 jaar oud het in 2012 ’n Kilimandjaroklim onder leiding van Operasie Mobilisasie aangepak. Hulle het daardeur bewustheid gekweek en fondse ingesamel vir die Freedom Climb-projekte wat mensehandel in kwesbare gemeenskappe beveg en bevryde slawe rehabiliteer.
    Hettie Brittz was een van hierdie klimmers. Sy wou ter wille van ander vroue se vrymaking klim. Maar van die eerste dag af ontdek sy dat haar grootste hindernis nie die steiltes van Kilimandjaro is nie: trots, ’n wettiese oordeel oor ander, ongeduld en uitputting weens die dun lug, swaar rugsak en onverwagse siekte pootjie haar. Sy ontdek hoe geseënd diegene is wat teen die hange van hulle eie Kilimandjaro stukkend breek, want hulle sal deur genade heelgemaak word