1 Minuut-Inspirasie Vir Vroue (Sagteband)

    1 Minuut-Inspirasie Vir Vroue (Sagteband)

    Stan Toler & Linda Toler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Byna 80 praktiese wenke om die vonkel terug te sit in jou vrou-wees.

    Die vrou van vandag is besig en aan die gang. Daarom is die kort en kragtige inspirasie-gedagtes in 1 minuut-inspirasie vir vroue net wat jy nodig het om die vonkel terug te sit in jou vrou-wees.

    Saam met Bybelverse, aanhalings en vertellings wys Stan en Linda Toler in dié sakpas-boekie hoe jy jou selfvertroue ’n hup­stoot kan gee.

    Die byna 80 kort, praktiese wenke in sluit in:

    • Leer iets nuuts
    • Gee vir iemand ’n drukkie
    • Bederf jouself

    1 minuut-inspirasie vir vroue is ’n minuut se inspirasie en bemoediging vir ’n besige vrou soos jy wat jou sal help om die vrou te word wat jy graag wil wees.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Minute Motivators for Women

    Oor die outeur

    Stan Toler was vir 40 jaar ’n leraar en is aangewys as die emeritus- algemene superintendent van die Church of the Nazarene-denominasie. Hy is ’n begaafde leier, internasionale spreker wat al in 80 lande opgetree het, en die outeur van meer as 100 boeke waaronder verskeie top­verkopers en sy verkope het reeds die 3 miljoen-merk verbygesteek.

    Linda Toler is ’n onderwyser en spreker. Stan en Linda bly in Oklahoma City. Hulle het twee getroude seuns en vier kleinkinders.