Paulus (Sagteband)

    Paulus (Sagteband)

    Adrio Konig
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Ontmoet Paulus, die apostel wat die evangelie gered het.

     

    Waar kom Paulus vandaan? Hoe is dit dat die helfte van die boeke van die Nuwe Testament uit sy pen gevloei het? Hy was nie een van die dissipels nie. Hy het Jesus nie persoonlik geken toe Jesus op aarde was nie. Hy verwys ook nie in sy briewe na Jesus se lewe of sy werk of sy woorde nie. Kortom, Paulus skryf sy eie vorm van die evangelie.

    Dit is hier waar Adrio König begín met sy reis oor Paulus. Paulus beredeneer die evangelie. Adrio kyk na Paulus se werk, sy lewe, sy per­soonlikheid, sy herkoms en vele meer. So skep hy ’n platform van­ waar die leser na Paulus se bood­skap kan kyk in die vele Bybelboeke wat hy geskryf het.

    Paulus se boodskap neem toe in waarde as jy weet wie hierdie man werklik was. Paulus is ’n in­siggewende boek wat beloof om ’n nuwe wêreld vir elke leser oop te maak.

     

    Oor die outeur

     

    Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by UNISA en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te werk. Dit het in hom ’n ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich, en vyf kleinkinders, Guillaume, Helet, Wiets, Ilani en Joy. En almal dien die Here.