My Liefste Vader (Hardeband)

    My Liefste Vader (Hardeband)

    Chris Tomlin & Pat Barrett
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    As ouer het jy seker al ’n duisend stories gehoor oor die karakter van die goeie Koning. Nou kan Sy groot liefde vir jou kind ontdek!

         Die bekroonde sanger Chris Tomlin en Pat Barrett van Housefires het hande gevat om hierdie boodskap by ouers en hul kleingoed tuis te bring in My liefste Vader.

         Hulle vertel die storie van ’n jong beertjie, Tucker, wie se lewe saam handomkeer verander toe hy besef hoe verskriklik lief die Koning hom het. Toe Tucker se vriende op ’n dag hulp nodig het, besluit hy om op reis te gaan om die Koning te gaan sien. Die Koning bly in kasteel waarvan die deure altyd oop is.

         Met behulp van Lorna Hussey se oulike illustrasies sal hierdie stories oud en jonk net weer laat besef dat God ʼn liewe, goeie Vader is en dat Hy ons almal baie lief het.Die boek is ideaal om aan jou kleuter voor te lees, terwyl kinders wat pas begin lees het, dit baie sal geniet om self die storie te lees. Geskik vir kinders van drie tot sewe.

     

    OOR DIE OUTEURS

    Chris Tomlin is een van die bekendste en invloedrykste Christelike musikante in die wêreld. Hy het reeds tien albums (waarvan twee platinum- en vier goue status bereik het), 13 nomer-een treffers, een Grammy en 21 Dove-toekennings agter sy naam. Van sy bekenste treffers sluit in ‘How Great Is Our God’, ‘Our God’ en ‘Good Good Father’. Na raming sing ongeveer 20 tot 30 miljoen mense elke week Tomlin se liedjies in lofprysing en aanbidding. Maar sy grootste liefde is om ’n eggenoot vir Lauren en ’n pa vir Ashlyn en Madison te wees.

         Pat Barrett is n eggenoot, pa, liedjieskrywer en lofprysing en aanbiddingsleier in Atlanta, Georgia in Amerika. Hy is die mede-skrywer van die nommer-een treffer ‘Good Good Father’ en is ook n lid van die sanggroep, Housefires.

         Lorna Hussey skryf en illustreer kinderboeke en fokus veral op karakter, gevoelens en inbors. Sy bly in Wallis saam met haar man, Andy, hul drie tienerdogters, drie honde, drie hoenders en drie perde.