My Bruidsboek (Hardeband)

    My Bruidsboek (Hardeband)

    Christine Ferreira & Marielle De Vos
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R280.00

    My bruidsboek is ’n moet-hê-trougids vir elke voornemende gelowige bruid. Dit is propvol raad oor praktiese dinge soos die voorhuwelikse kontrak en berei ook die bruid op ’n geestelike vlak voor deur sake te bespreek soos: Wat is ’n verbond, troubeloftes en die geestelike betekenis van elke gebeurtenis

    (soos ringe uitruil). ’n Pragtige bêreboek vir elke gelowige bruid.

     

    OOR DIE OUTEURS

     

    Christine Ferreira was vir 11 jaar die redakteur van die vrouetydskrif Lééf. Sy tree ook dikwels op as spreker. Vantevore was Christine deel van die tydskrif SARIE se redaksie, waar sy vir bykans tien jaar skoonheidsredakteur was. Christine woon in Johannesburg en is getroud met Johan, 'n pastorale sielkundige.

     

    Marielle is ’n pastoor van Randburg. Sy het die Evangelie al wêreldwyd – van Amerika tot Frankryk, Australië en Israel – en oor denominasies heen bedien. Sy is reeds 34 jaar lank getroud en het twee volwasse kinders. Haar dogter is onlangs getroud, en sy het gedeeltes van My bruidsboek vir haar dogter se troue geskryf.