Groot Studiebybel

    Groot Studiebybel

    Parallel Bible
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R475.00

    R179.95

    ‘n Geïllustreerde reis deur Bybelse Geskiedenis en Kultuur

    Groot Studiebybel is die omvattendste studiebybel in Afrikaans tot op hede en verteenwoordig 'n merkwaardige prestasie wat omvang, inhoud en vormgewing betref. Met meer as 8 000 studienotas en 500 volkleurfoto's, bied dit nie net die volledige teks van die Bybel nie - dit nooi die leser na die wêreld van die Bybel deur die historiese, kulturele en argeologiese betekenis, relevansie en diepte van die Skrif te ontsluit. Bladsy vir bladsy bied hierdie unieke Studiebybel verbasende en weergalose feite, inligting en beeldmateriaal. Volop volkleurfoto's illustreer duisend jaar oue tekste, artefakte (kunsvoorwerpe), antieke oorlogswapens, antieke kinderspeelgoed, argeologiese terreine in die Heilige Land, ander gedenkwaardighede van kulture en beskawings in die ou nabye ooste, en 'n magdom ander verstommende historiese, kulturele en argeologiese besonderhede.

    Meer as 500 in-diepte artikels werp lig op vyf boeiende kategorieë: Argeologiese Terreine; Kulturele en Historiese Notas; Antieke Mense, Lande en Heersers; Die Betroubaarheid van die Bybel; Antieke Tekste en Kunsvoorwerpe. Meer as 8 000 bondige studienotas onderaan die bladsy bied insig in die teks en plaas dit in verhouding met die tye, plekke en omstandighede waarin dit geskryf is.

    Die betroubare 1983-vertaling is steeds die gewildste Afrikaanse vertaling. Hierdie vertaling van die Bybel in Afrikaans word gerugsteun deur die arbeidsaamheid en kundigheid van die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap.