Genade In Gebrokenheid (Sagteband)

    Genade In Gebrokenheid (Sagteband)

    Ann Voskamp
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Dit is moontlik om te midde van gebrokenheid ʼn pad na vreugde, vervulling en ʼn oorvloedige lewe te vind.

    Dit is moontlik om ’n oorvloedige lewe te leef te midde van jou gebrokenheid. So sê New York Times-topver­koper-outeur Ann Voskamp.

    In haar boek Genade in gebrokenheid vra sy vrae wat ons nie kan bekostig om te ignoreer nie:

    • Hoe hanteer jy jou onuitgesproke gebroken­heid?
    • Wat is die antwoord op die pyn en gebroken­heid in ons almal se harte?
    • Wat doen jy as jy regtig volkome heling wil er­vaar voor dit te laat is?

    In ’n diep en persoonlike belydenis lei Ann lesers na ’n plek waar ons die gebrokenheid in ons elkeen kan erken en aanvaar. Sy help ons om God se goeie doel in alles raak te sien, om te besef hoe Hy ons lei, nie met ’n ompad verby die pyn nie, maar déúr die pyn.

    In Genade in gebrokenheid oortuig Ann ons dat daar niks is wat so gebroke is dat dit nie herstel kan word wanneer ons die lewende Christus se teenwoor­digheid betree nie.

    Oor die Outeur

    Ann Voskamp is skrywer vir DaySpring (’n afdeling van Hallmark), ’n redakteur vir Laity Lodge se The High Calling en ’n kampvegter vir armes wat werk vir Compassion International. Ann het ’n opleidingsagtergrond in psigologie en opvoeding. Sy en haar man boer in die Mennonitiese distrik in suidwes Ontario. Hulle het sewe kinders.