Gebede Met Vlerke (Sagteband)

    Gebede Met Vlerke (Sagteband)

    Lizette Murray
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Meer as 45 gebede en aktiwiteite oor die wonderwêreld van gebed.

    Lizette Murray wil met Gebede met vlerke vir laerskolers ’n gebedsgids gee waarop hulle hul gebedslewe kan begin skoei. 

    Gebede met vlerke bevat meer as 45 gesels-gebede wat laerskoolkinders aanmoedig om self die avontuur van gebed te ontdek. Die ses verskillende afdelings word elkeen aan ʼn ander soort voël gekoppel. Die gebede in daardie afdeling weer­spieël dan die unieke kenmerke van die spesifieke voël­soort. So gaan die Arend-gebede oor die krag van God en Duiwe-gebede oor dankbaarheid vir al die goeie dinge. Deur hierdie ver­gelykings leer kinders om spontaan en gemaklik met God oor hulle vreug­des, hartseer en besorgdhede te praat én daarmee vol te hou.

    Saam met die gebede is daar ook lekker aktiwiteite wat kinders sal help om lewe aan hulle ge­beds­lewe te gee.

    Gebede met vlerke sal elke kind help om die ware krag van gebed te ontdek.

    Oor die Outeur

    Lizette Murray het in Stellenbosch en die Paarl grootgeword. As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van ’n kind. Sy is die medeskrywer van ’n bekroonde kinderboek. Ná die dood van haar middelseun begin sy die rubriek “Henri stap aan” in Lééf – met hart & siel. In 2008 word hier­die rubrieke as boek uitgegee. Lizette is tans ’n vryskut-skrywer vir Lééf – met hart & siel en behartig ’n paar rubrieke in dié tydskrif, onder andere “My hart se punt”, wat deur CUM-uitgewers as bundel uitgegee is. Haar huwelik met George, ’n bedryfsingenieur, is vir Lizette ’n veilige hawe – en steeds ’n avon­tuur. Besoek www.lizettemurray.co.za.