Die Goeie Boek (Sagteband)

    Die Goeie Boek (Sagteband)

    Deron Spoo
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Ontdek en leef die 40 grootste lewensveranderende waarhede in die Bybel.

    Is daar ʼn boek wat vir ons kan sê wat om oor God te glo? Die voor die hand liggende antwoord is die Bybel. Maar waar begin ons die Bybel lees om werklik te verstaan?

    In Die Goeie Boek bespreek Deron Spoo sleutel-Bybel­hoofstukke wat hy as kardinaal beskou vir ons verstaan van die Bybel en van God. Hy help lesers om die konteks en inhoud van 20 Ou-Testamentiese en 20 Nuwe-Testamentiese hoofstukke te verstaan wat die hele Bybel vir ons sal oopbreek. Elke hoofstuk onthul een lewens­verande­rende waarheid van God en sluit af met ʼn “om te oordink”-gedeelte wat jou sal help om daardie waar­heid prakties in jou lewe toe te pas. Die Bybelteks van die hoofstuk wat bespreek word, word ook telkens ingesluit (NLV-teks).

    Die Goeie Boek sal aanklank vind by jare lange Bybellesers, maar is ideaal vir mense wat aan die begin van hulle Christelike geloofsreis staan. Dit sal lesers help om die lewensveranderende waarhede in die Bybel te verstaan en te leef.

    Ook beskikbaar in Engels onder die title The Good Book.

    Oor die Outeur

    Deron Spoo is die leraar van First Baptist Church in Tulsa, Oklahoma. Gemeentelede beskryf Deron as plat op die aarde en opreg. Sy TV-oordenkings, First Things First, bereik elke week sowat 100 000 mense. Deron het aan Southwestern Baptist Theological Seminary gegradueer waar hy ’n meestersgraad in teologie verwerf het. Hy en sy vrou, Paula, het drie kinders.