Die Doelgerigte Lewe (Sagteband)

    Die Doelgerigte Lewe (Sagteband)

    Rick Warren
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R49.94

    Die mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel?

    Volgens Rick Warren lê die antwoord by God en Sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God jou op die aarde geplaas het.

    Die doelgerigte lewe stel jou in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God jou geskep het.

    Met behulp van Bybelse verhale en Skrifaanhalings, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir jou:

            Jy is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom opreg te aanbid.

            Jy is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om opregte sielsgemeenskap te ervaar.

            Jy is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is om opregte dissipelskap te leer.

            Jy is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte bediening te beoefen.

            Jy is gemaak vir ’n sending: Jou vyfde doel is om opregte Evangelieprediking uit te leef.

    Hierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap wat Rick Warren, stigterpastor van Saddleback Church. Die boek is in ʼn boeiende styl geskryf en in 42 kort hoofstukke ingedeel wat as dagstukkies gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan word.

    Oor die Outeur

    Rick Warren is die skrywer van The Purpose Driven life. Met verkope van meer as 32 miljoen eksemplare is dit die beste verkoper van ʼn hardeband nie-fiksie titel in die geskiedenis van die uitgewersbedryf.