Bou 'N Rotsvaste Huwelik (Sagteband)

    Bou 'N Rotsvaste Huwelik (Sagteband)

    Jimmy Evans & Allan Kelsey
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

    SKRYWERSNOTA

     Hierdie boek kan jou huwelik daadwerklik verander, ongeag die toestand waarin dit tans verkeer. Ons stel voor jy benader hier­die boek op dieselfde wyse as wat jy die huwelik benader: Hoe meer jy insit, hoe meer sal jy uitkry.

    Jy sal die stemme hoor van twee kenners, Jimmy Evans en Allan Kelsey. Hulle bespreek die algemeenste uitdagings in die huwelik en die geleenthede wat dit vir groei bied. Elke hoofstuk handel oor ’n spesifieke huweliksonderwerp deur daarna te kyk vanuit die oogpunt van ’n kenner op die gebied van die huwelik (Jimmy) en ’n kenner op die gebied van sterkpunte (Allan). Deur hierdie twee vakgebiede saam te voeg, verskaf Bou ’n rotsvaste huwelik ’n unieke manier om jouself, jou huweliksmaat en die raaisels van die huwelik beter te begryp.

    Jy en jou huweliksmaat sal die meeste uit hierdie boek put as julle ook die Clifton StrengthsFinder®-evaluasie doen. Ons gee later in die boek ’n skakel na die evaluasie.

    Met jou toetsuitslae in die hand en hierdie boek as handleiding, kan jul verhouding ’n vlak van intimiteit en vastigheid bereik wat jul huwelik vir altyd sal verander.

    Strengths Based Marriage-videosessies

    Die Strengths Based Marriage-videosessies, saamgestel deur die huwe­likskenner, Jimmy Evans, en die sterkpunte-kenner, Allan Kelsey, bied jou twee uur se eksklusiewe video-inhoud. Jy kan ook kyk na die ge­tuienis van ander egpare wie se huwelike hernu is en opnuut vlamge­vat het nadat hulle hierdie boek gelees en die beginsels toegepas het.