Snowy (Hardeband)

    Snowy (Hardeband)

    Angus Buchan
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Oom Angus en Snowy deel stories oor die lewe op die plaas en die lewe saam met Jesus.

     

    Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas.

    Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aan­klank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, ʼn baie kwaai en knorrige perd. Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.

    Elke storie word gekomplementeer met ʼn teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met ʼn plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskil en doolhowe.

    Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou ʼn gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Snowy

     

    Oor die outeur

     

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.