Ontmoet Die Heilige Gees (Sagteband)

    Ontmoet Die Heilige Gees (Sagteband)

    John Bevere
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

    Die Heilige Gees word dikwels misverstaan, en baie mense het geen idee Wie Hy regtig is en hoe Hy Homself aan ons openbaar nie. Die Heilige Gees word dikwels as ’n ‘vreemde verskynsel’ uitgebeeld. Die Bybel maak dit egter duidelik dat die Gees nie iets is nie, maar iemand – ’n Persoon wat belowe het om jou nooit te verlaat nie. In Ontmoet die Heilige Gees nooi John Bevere jou om self die Persoon en werk van die Heilige Gees te ontdek.Hierdie interaktiewe boek is veeldoelig – deels boek, deels Bybelstudie, deels groepstudie – en bevat vyf hoofstukke wat die volgende bespreek:

         • Wie is die Heilige Gees?

         • Die persoonlikheid van die Heilige Gees

         • Ons verhouding met die Heilige Gees

         • Hoe ons bekragtig word deur die Heilige Gees

         • Die taal van die Heilige Gees

         Elke hoofstuk is opgedeel in vyf voorgestelde leesstukke met ooreenstemmende Bybelstudies aan die einde van die hoofstuk. Na die Bybelstudies is daar ’n afdeling met besprekingsvrae vir groepstudie.           Ontmoet die Heilige Gees bevat ook ’n bonus-hoofstuk met ’n diepgaande vraag en antwoord-gesprek waarin van die moeilikste vrae oor die Heilige Gees beantwoord word.

     

    OOR DIE OUTEURS

     

    John Bevere en sy vrou Lisa is die stigters van Messenger International. As leraar en topverkoperskrywer, lewer John beginselvaste boodskappe en waarhede deur middel van bekroonde kurrikulums en topverkoperboeke, wat reeds in meer as 60 tale vertaal is, waaronder Die strik van Satan, Wie My eer, sal Ek eer, Word bevry van intimidasie en Goeie werke of God. Hy is ’n internasionale spreker en mede-aanbieder van die “The Messenger”-TV-program wat wêreldwyd uitgesaai word. John, sy vrou en hul vier kinders woon in Colorado Springs in die VSA.

    Website: http://messengerinternational.org/

    Facebook: 601 855 volgers

    Twitter: 210 000 volgers (@JohnBevere)

    Youtube: https://www.youtube.com/watch?v=RGbv9kWp2iA