Interliniere Bybel Grieks-Afrikaans Nuwe Testament (Hardeband)

    Interliniere Bybel Grieks-Afrikaans Nuwe Testament (Hardeband)

    Jan Van Der Watt & Ander
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R299.95

    R19.95

    Available Formats

    Die INTERLINIÊRE BYBEL (Grieks-Afrikaans), ontsluit die volledige Griekse teks van die Nuwe Testament vir Afrikaanse lesers in 'n unieke formaat.

    Elke bladsy van die INTERLINIÊRE BYBEL bestaan uit 'n middelkolom, met die Direkte Vertaling aan die linkerkant en die 1983-vertaling aan die regterkant.

    Die middelkolom bied:

    •die Griekse teks (Nestle-Aland, 27ste uitgawe);•'n transkripsie van die Griekse woorde om lesers te help met die uitspraak daarvan; en•'n Afrikaanse woord-vir-woord-vertaling van elke Griekse woord.

    Die 1983-vertaling in die regterkolom help lesers om die woord-vir-woord-vertaling in die middelkolom te vergelyk met hierdie bestaande Bybelvertaling. Die Direkte Vertaling in die linkerkolom is 'n nuwe vertaling, so na moontlik aan die oorspronklike Griekse teks, maar tog verstaanbaar.


    Die spesiale luukseleer-uitgawe spog ook met duimdrukke en bladsye wat pragtig goudgerand is.

    Oor die Interliniêre Bybel

    Die INTERLINIÊRE BYBEL bied aan lesers met min, of selfs geen kennis van Grieks, toegang tot die Griekse teks van die Nuwe Testament. Dit sal tot 'n besonder ryk leeservaring van die Bybel lei.