Make Every Day Count (Paperback)

    Make Every Day Count (Paperback)

    Elize Parker
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R69.95

    God kommunikeer graag met sy kinders. Om die waarheid te sê, ons hemelse Vader wil eerder met ons praat as wat ons wil luister. Ongeag die omstandighede waarin ons ons bevind, ondanks ons traagheid of onwilligheid om te luister, en ten spyte van enigiets wat ons kan doen, reik ons Vader uit na ons met sy deernisvolle, wyse stem; praat Hy met ons om ons te lei, te vertroos en te verseker van sy liefde en sy teenwoordigheid. God se stem is nie vir Elize Parker iets vreemds nie, en aan die hand van die Woord, ware verhale van geskiedkundige en hedendaagse, bekende figure, sowel as haar eie ervarings saam met haar hemelse Vader, lei sy ons om God se stem te hoor. Hoor God se stem bied inspirasie en motivering vir ’n hele jaar en bevat: • 365 dagstukkies vir geestelike groei • ’n Toepaslike Skrifgedeelte met elke dagstukkie • Aanmoediging vir positiewe denke • Gepaste, daaglikse gebede • Vertroosting, bemoediging en veel meer Hoor God se stem is ’n pragtige, hardeband dagstukkieboek wat veel meer is as net ’n mooi boek wat op jou koffietafel of bedkassie pryk – dit sal jou gees verryk en vir voortdurende geestelike groei sorg. Dit is ook ’n spesiale geskenk vir enigeen wat hul verhouding met God wil verdiep.