Engele Van Die Bybel (Hardeband)

    Engele Van Die Bybel (Hardeband)

    Wendy Maartens
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Leer in 18 Bybelstories meer van God se engele, hoe hulle lyk en wat hulle doen.

     

    “Hoe lyk engele?” “Wat doen hulle?” “Het hulle name?”

    In Engele van die Bybel beantwoord bekende kinderboekskrywer Wendy Maartens hierdie en ander vrae oor God se engele. Sy stel kinders bekend aan spesiale engele in 18 verskillende Bybelstories soos Jakob se droom, Bileam se pratende donkie, die engel wat vir Elia kos gegee het, en die engel wat vir Maria goeie nuus gebring het.

    Dié boekie, wat begin met ’n volksrympie, sluit kleurvolle illu­strasies deur Catherine Groenewald in wat lewe gee aan die engele en die stories waarin hulle verskyn. Aan die einde van die boek is daar ook instruksies om jou eie kaartjie met ’n opspring-engel te vou.

    Engele van die Bybel sal vir kinders leer dat engele oral is – hulle is God se liefdevolle dienaars en hulle is ons vriende!

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Angels of the Bible.

     

    Oor die outeurs

     

    Wendy Maartens is ’n joernalis, vertaler en be­kroonde kinderboekskrywer met meer as 15 titels agter haar naam waarvan sommige in in­heemse tale vertaal is. 22 jaar se gr. 3’s uit onder andere Cloetes­ville, La Colline en Kaya­mandi op Stellenbosch het haar voorberei om te doen waarvan sy nog altyd gedroom het ... om haar brood met woorde te ver­dien. Wendy het veral ’n passie vir Suid-Afrikaanse legendes, en verhale wat kinders in moeilike sosio-ekono­miese omstandighede help om hulleself te be­magtig.

     

    Catherine Groenewald het kuns studeer aan die PJ Olivier Kunsskool in Stellenbosch waarna sy mode-ontwerp gaan doen het. In 2004 is sy aangewys as een van die wenners in Sappi se nasionale kompeti­sie vir boekillustreerders/-skry­wers. Catherine bly in Stellen­bosch saam met haar man, drie kinders, ʼn klompie koeie, hoenders en hulle getroue honde.