1 Minuut-Inspirasie Vir Tieners (Sagteband)

    1 Minuut-Inspirasie Vir Tieners (Sagteband)

    Stan Toler
    Free Shipping on Orders over R350!
    Dispatch within 24 working hours

    R79.95

    R68.00

    Byna 80 praktiese wenke vir tieners om ’n wen-houding te ontwikkel.

     

    Asof skool nie moeilik genoeg is nie, word daar boonop van tieners verwag om hulle lewe aan te pak soos ’n pro!

    In die wêreld se dolle gejaag het tieners beslis iets nodig om hulle te help om gefokus te bly. Stan Toler help hulle hier­mee in 1 minuut-inspirasie vir tieners. Dié sakpasboekie is propvol insiggewende wenke, motiverende aanhalings en prak­tiese By­belse verwysings om enige tiener te lei wat ernstig is daaroor om sukses in die lewe te behaal.

    Hierdie humoris­­tiese gids bied byna 80 praktiese wenke wat tieners sal help om te sien die lewe ís hanteerbaar:

    ·       Leer hoe om jou daaglikse roetine te geniet

    ·       Maak die waarheid ’n prioriteit

    ·       Verwag verrassings

    ·       Soek die snaakse dinge in jou dag

    1 minuut-inspirasie vir tieners is ’n prettige boek wat elke tiener sal inspireer.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Minute Motivators for Teens.

     

    Oor die outeur

     

    Stan Toler was vir 40 jaar ’n leraar en is die emeritus- algemene superintendent van die Church of the Nazarene-denominasie. Dié begaafde leier en internasionale spreker wat al in 80 lande opgetree het, was voorheen die visepresident van John Maxwell se tydskrif INJOY. Stan is die outeur van meer as 100 boeke waaronder verskeie topverkopers en sy verkope het reeds die 3 miljoen-merk verbygesteek. Hy en sy vrou, Linda, het twee seuns en vier klein­seuns