1 Minuut-Inspirasie Vir Mans (Sagteband)

    1 Minuut-Inspirasie Vir Mans (Sagteband)

    Stan Toler
    Free Shipping on Orders over R350!
    Dispatch within 24 working hours

    R79.95

    R68.00

    Byna 80 wenke vir sukses in elke area van ʼn man se lewe.

     

    Is jy op soek na betekenis, leiding, balans en ’n doel in die lewe? 1 minuut-inspirasie vir mans is die sleutel tot per­soonlike groei vir mans van enige ouderdom.

    Internasionale spreker en leierskapkonsultant Stan Toler deel in dié sakpasboekie insig, uitdagings en leiding vir elke man wat ’n vars oog nodig het.

    Hierdie humoris­­tiese gids bied byna 80 praktiese wenke en aanhalings wat mans se gedagtes aan die gang sal sit, waar­onder:

    ·       Neem beheer oor jou houding

    ·       Vermy padwoede

    ·       Gebruik woede positief

    ·       Sê gereeld dankie

    1 minuut-inspirasie vir mans sal elke man help om sukses te behaal in alle areas van sy lewe deur aandag te gee aan die klein dingetjies.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Minute Motivators for Men.

     

    Oor die outeur

     

    Stan Toler was vir 40 jaar ’n leraar en is die emeritus- algemene superintendent van die Church of the Nazarene-denominasie. Dié begaafde leier en internasionale spreker wat al in 80 lande opgetree het, was voorheen die visepresident van John Maxwell se tydskrif INJOY. Stan is die outeur van meer as 100 boeke waaronder verskeie topverkopers en sy verkope het reeds die 3 miljoen-merk verbygesteek. Hy en sy vrou, Linda, het twee seuns en vier klein­seuns